|
Dagsê!
Hierdie is die
laaste uitgawe vir die jaar, volgende week die tyd is ons in die Kloof
by Rustenburg en ons is eers by die 29ste terug. Gaan vrek warm
wees, maar daar is genoeg swembaddens om in af te koel indien nodig, so
geen probleem.
Daar gaan natuurlik
gebraai word ook, en hier volg 'n paar reëls vir 'n suksesvolle braai!
Minette, jy gaan sekerlik braai daar waar jy gaan uitspan, wys vir hulle
hoe die Suid-Westers dit doen!
Etiket vir 'n
suksesvolle braai
Onthou braai is nie 'n geval van lewe en dood nie, dit is baie ernstiger
as dit.
Maak seker of dit 'n bring-en-braai is en of die gasheer/braaier die
vleis gaan voorsien. In laasgenoemde geval, mag jy steeds nie met leë
hande opdaag nie. Bied aan om slaai, poeding of skyfies te bring. 'n
Bottel wyn, of jou gasheer se gunsteling sixpack sal ook nie onvanpas
wees nie.
Vind uit wat jou gasheer gaan braai. As hy tjops braai, vat jy tjops
saam ens. Dit vergemaklik net die braai proses en laat meer drink tyd
vry. 'n Ma-se-moerse steak en groot pak FreeRangeChicken Flatties is nie
iets wat jy na 'n bring-en-braai toe vat nie!
Besluit voor jy ry na die braai toe of jy 'n man of 'n vrou is. As jy 'n
man is sorg dan dat jy by die braaier/braai staan. Die enigste
uitsondering op die reël is as jy die enigste mens by die braai is wat
'n Wes Kaspiese slangeier slaai kan maak, dan en alleen dan mag jy vir
die duur van die slaai maak proses in die kombuis vertoef.
'n Braaier mag glad nie alleen by die braai wees nie, no matter what!
Die braai begin met maak van die vuur, nie wanneer die vleis opgesit
word nie.
Dit is jou plig as nie-braaier om te sorg dat die braaier en sy gade se
glase altyd 'n redelik mate van vog bevat, dit is onverskoonbaar dat die
braaier sy eie dop moet skink.
Tensy jy die Wêreld Braai Kampioen is, mag jy nie raad gee aan die
braaier sonder dat hy eksplisiet daarom vra nie. Jy vat hom in die gesig,
asook die persoon wat hom geleer braai het - gewoonlik sy pa.
As die braaier vir 'n wyle weg is van die braai, om welke rede ookal, is
dit jou plig as nie-braaier om na die vleis te kyk en te sorg dat dit
nie brand nie. As jy die vleis gedraai het in sy afwesigheid, laat die
braaier weet met sy terugkoms. (Jy mag in sy afwesigheid ook net jou eie
vleis met spices bedek, verder is hy in beheer van die speserye)
Sigaret stompies mag nimmer as te nooit in die vuur gegooi word voor of
tydens die braai proses nie. Slegs nadat die vleis alles gaar is kanjy
met 'n cool houding jou stompie in die geselsvuur skiet.
As jy die enigste man by 'n braai is, bied aan om die braai te hanteer.
As die gasvrou egter nie wil hê jy moet braai nie, geld alle reëls ten
opsigte van die braaier en nie-braaier verhouding steeds.
Drink so dat jy nie inkonk voor ete nie. Jy mag egter "uitpass" enige
tyd na ete - op eie tyd en teiken.
Maak seker dat jy ten minste een of twee flippen snaakse grappe het om
die braaier mee te vermaak terwyl hy braai. Gewigtige onderwerpe moet
liefs gehou word vir na ete as almal lekker gesuip is.
Onthou ten alle tye braai is 'n eeue lange tradisie, en die hoeksteen
van Afrikaner kultuur, hoe meer jy braai hoe sterker word ons kultuur.
En onthou, ons is
NIE Amerikaners nie, ons braai NIE viennas of hamburger patties nie. Die
vrouens kan dit in 'n pan op die stoof gaarmaak. Ons mors nie ons
bosveld braaihout nie.
Gesondheid!
|
|
|
Die vliegtuig het pas opgestyg. Een manlike passasier sit en byt sy
vingernaels en vee heeltyd sweet van sy voorkop af. 'n Lugwaardin sien
hom raak en sê: 'Meneer, kan ek vir u iets van die kroeg af kry om u te
kalmeer?' Die man knik instemmend terwyl hy vreeslik bewe. Sy kom met 'n
drankie en hy sluk dit haastig af. Tien minute later sien die lugwaardin
dieselfde man erg bewe en sy naels byt. Sy bring hom nog 'n drankie wat
hy ook haastig afsluk. 'n Halfuur
later merk sy op dat die man nog erger bewe en ook saggies huil. 'Ag
siestog, Meneer,' sê die lugwaardin, ek het nog nooit iemand gesien wat
so bang is om te vlieg nie!' 'Ek is nie bang om te vlieg nie', snik die
man, 'ek probeer ophou drink!'
Volgens die tydskrif 'Modern Bride', spandeer die gemiddelde bruid 150
huur om haar troue te beplan. Die gemiddelde bruidegom spandeer 150 huur
deur te mompel: 'Ja, dit klink OK' |
|