|
Dagsê!
Daar is twee mense vir wie ek GROOT bewondering het, die een sing en die
ander skryf,
Nianell sing en
Minette skryf, albei verskaf my groot lekkerkry. Ek kan nie een
van die twee doen nie, vandaar die bewondering. Ook, albei is of was van
Namibië. Nog iets wat hulle in gemeen het is dat ek hulle "vriende " kan
noem. Nog nie vir Minette persoonlik ontmoet nie, maar ek glo sy is net
so "down to earth" as Nianell. (Wat is down to earth in
Afrikaans?)
In elk geval, ek
sien vanoggend Minette se naam in my inkomende epos ek ek maak haastig
oop, en daar sit hulle, sommer 'n hele paar aanhangsels, ek het weer
leesstof! Ek gaan kry vir my 'n yskoue glas Cola Tonic en maak die
aanhangsels een vir een oop. Haar onderwerpe is alledaagse
gebeurtenisse, dinge wat ons amal daagliks oorkom maar nooit sal dink om
daaroor te skryf nie. Minette skryf daaroor, en sy doen dit goed! Hier
is een van haar artikels, die ander is op die
webblad, gaan kyk gerus, en laat haar weet dat julle dit gelees
het en dit geniet het, ek is seker julle sal. Ek sien sy gebruik die
Afrikaanse woord, "vloermoer" vir tantrum. Nogal heel beskrywend!
Kinderpartytjies
OP universiteit word dramastudente die volgende waarheid geleer: ‘There
is a hell where actors go to. It’s called Children’s Theatre.’
Dit is vir enige aspirant-akteur die grootste toets en as jy dit kan
deurstaan, kan jy enige iets in die lewe aanpak. Vir weke repeteer jy
van vroegdag tot lank na middernag aan ‘Miranda en die Towerspons’. Jy
verloor sewentien kilogram in die proses want soveel energie word selde
indien ooit in enige sportsoort op aarde verbruik. Jou kostuum maak
egter op vir die verlies aan massa, veral as jy die rol van Gem die
Seester, die Ondersese Haarkapper, vertolk. Jy staan die helfte van die
verhoog vol met die punte van die seester wat in alle windrigtings swaai.
Maar jy moet die marteling deurgaan om jou tweede jaar deur te kom en
daarom verduur jy dit met ‘n dramatiese glimlag –- jy is immers die
groot drama queen.
Tydens die laaste twee kleedrepetisies kry die res van die
dramadepartement die geleentheid om die produksie te beoordeel en die
gemarteldes op die verhoog ‘n idee te gee van gehoorreaksie. En jy dink
'ons het alles onder beheer.'
Maar helaas.
Die oomblik wanneer die gordyne lig en REGTE kinders sit in die gehoor,
dan bars alle hel los.
Dis ‘n gegil, ‘n geskree, ‘n geboe, ‘n malende kindermassa wat selfs tot
op die verhoog spring en tussen dit alles deur moet jy konsentreer op
jou woorde en om jouself hoorbaar bo die kakofonie te maak. Jy vergeet
egter in die proses van die Seesterkostuum en klap per ongeluk ‘n kind
bo van die verhoog af met die laaste stuiptrekkings van die Seester
Tango. Almal gil histeries, onderwysers inkluis, en jou oog vang dié van
jou dosent wat woedend vir jou van die gallery af gluur. ‘Gaan aan! Gaan
aan!’ beduie hy kwaai en die Seester is vir die res van die vertoning
die ongewildste onderwater karakter. Nie baie goed vir die ego of die
jaareindpunte nie. Gelukkig het die kind nie blywende skade opgedoen nie
en het die betrokke skool ook nie die Seester gedagvaar nie.
Nou is my studentedae ‘n gawe herinnering, maar die hel het nou ‘n nuwe
naam: KINDERPARTYTJIES.
Ek vergesel my jongste na ‘n Liewe Heksie-partytjie en noem by voorbaat
vir die mamma dat ek ‘n bietjie aan die olike kant voel –- ‘ons het net
gesig kom wys.’ Dan sleep ek ‘n stoel nader en gaan sit in die skadu van
‘n lieflike boom.
Dit is nie so erg nie, dink ek. ‘n Heerlike wintersoggend, al die veld
is vrolik en al daai dinge. Totdat vierhonderd kindertjies om die draai
gevlieg kom en histeries op die springkasteel begin hop.
Ek hou hulle vir ‘n rukkie dop en kom dan agter dat my maag begin draai
van al die op- en affery hier reg voor my. Ek retireer met stoel en al,
weggekeer van die hoppery. Maar ‘n skoot sand tref my vol in die gesig
want ek sit binne in die sandput. Dan skuif ons maar weer. Die keer trek
‘n duisend fietsklokkies los want ek blokkeer die deurgang van die ryers
wat om die visdam trap.
Intussen gooi my kind ‘n super deluxe vloermoer omdat sy nie die
verjaardagmeisie se presente mag oopmaak nie en al die ander mammas met
die voorbeeldige kinders kyk ons met sulke
‘dankie-vader-dis-nie-my-kind-nie’ ogies aan. Toe gaan ons maar huis toe
net na die ‘veels geluk liewe maatjie’-singery. Alhoewel ek in Milan se
oë kon sien dat die maatjie alles behalwe lief is.
Nou wonder ek maar net, gaan ek eendag groter hel hê as dit by
TIENERPARTYTJIES kom?
Die wat weet, moet maar laat weet…
|
|
|
WAARHEDE, NAARHEDE .....
Daar's twee soorte mense by 'n partytjie, die wat wil ry, en die wat wil
bly.
En gewoonlik is hulle met mekaar getroud.
Al ooit opgelet hoe baie verliefdes met toe oë soen ?
Ongelukkig gebeur dit dikwels dat hulle ook so trou.
Daar's net 3 maniere om huistakies te verrig :
Soos 'n BEJAARDE : stadig.
Soos 'n VOLWASSENE : deeglik.
Soos 'n TIENER : glad nie.
Siekefondse is nes 'n hospitaaljurk : jy dink maar net jy's ten volle
gedek.
Sommige vroue dink bikini's is onbehoorlike drag.
Ander het weer die figuur daarvoor.
Voor haar troue sweef 'n vrou in die wolke.
Na haar troue sit sy haar voet neer.
Vroue jok oor hul ouderdom.
Mans oor hul salaris.
Dis altyd die laaste sleutel aan die bos wat die deur oopsluit.
Jy weet jou dogter is besig om groot te word as sy stadig begin aantrek
en vinnig geld bestee.
Snaakse ding 'n hoender. Dis al dier wat jy kan eet voor hy gebore word
en na hy dood is.
'n Vrou se mond is nes 'n stukkende garagedeur.
Jy sukkel jou gedaan om hom toe te kry.
Meisies wat bril dra, kan net so aantreklik wees soos die wat nie bril
dra nie.
Dit hang net van hul raamwerk af.
'n Skinderstorie is nes 'n eier - as hy eers uitgebroei het, kry hy
vlerkies.
As 'n man rats spring om die motordeur vir 'n vrou oop te maak, kan jy
maar weet dis of 'n nuwe vrou of 'n nuwe motor.
Piekniek is vir kinders ...en miere |
|
Hierdie resep
kom van Anna Eksteen se uitstekende aflaaibare resepteboek, Vir meer
uithaler Suid Afrikaanse resepte soos die een, kontak Anna soos volg:
Sel: 0822946799
Mens wil mos altyd hê dat jou braai anders moet wees,
wel, probeer die krummelpap-variasie, dit maak van die geleentheid
miskien iets spesiaals!
|
|
|
Danville Kersboom
Die groot dag breek aan en ons is al vroeg daar! Terwyl ons die kerstak
opmaak (Die boom wat toe 'n groot tak, kon nie 'n Kersboom kry nie. Dit
het nou wel nie 'n boomvorm gehad nie, maar dit was groen en ons kon
versiersels aanhang!) begin die kos en koeldrank by die bakkievol daar
aankom. Die springkastele hou die kinders solank besig. Toe is die saal
toe vir samesang 'n Kerstoneel deur die kinders en modeparade deur die
ouers. daarna die groot eet, en toe kom Kersvader daar aan, en vir die
kinders was die dag volmaak! Volgende jaar maak ons weer so!
(Kersboom en kinders se
wenslys) (Die
Danville Hulpgroep) (Kersboom) |
|