| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
10 |
'n Passie vir
Afrikaans |
5 Desember |
|
Hallo daar!
Al ooit oor die
oorsprong van die lekker ou kondensmelk gewonder? Lees dan verder.....
Kos Stories – deur
ons Baaskok Frikkadel Lombaard Gekondenseerde Melk Gekondenseerde of
ingedampte melk het n baie interessante geskiedenis. Toe ek die
geskiedenis lees toe kom die prentjie van Walt Disney se Beauty and the
Beast by my op. Die beauty se pa was mos hierdie vreeslikke deurmekaar
uitvinder. Iemand wie se talente nie raakgesien is deur die gemeenskap
waarin hy gewoon het nie.
Net so het dit met Borden gegaan. Hy is die uitvinder van die proses wat
ingedampte melk vervolmaak het. Een van sy vroee uitvindings was n
perdekar wat deur perde op die land getrek kan word en dan net so
gemaklik in die water kan seil. Met sy eerste probeerslag het die mense
hom gekeer voor die perdeboot (ek weet nie wat om die kontrepsie anders
te noem nie) in die water ingegeaan het. Maar dit het Borden nie afgesit
nie. n Paar dae later het hy weer probeer en toe die perdeboot in die
water kom het hy omgeslaan. Die mense was nie baie gelukkig nie.
Moed opgee was nie in Borden se woordeskat nie. Sy volgende probeerslag
was vleis koekies gewees. Hy het 120 pond beesvleis afgekook tot so 10
pond toe. Hy het dit ontwater, meel bygevoeg en geknie, dit in koekies
gevorm en gebak. Hy het probeer om sy koekies aan die Amerikaanse vloot
en weermag te verkoop, maar hulle het verskei redes aangegee hoekom
hulle nie daarin belangstel nie. Een artiese ekspediesie het die wondere
van die koekie beskryf en het daarop geleef. Die Vloot en Weermag se
weiering om die koekies aan te koop het Borden tot bankrotskap gedryf.
Hy het aangehou om produkte te kondenseer. Van sy idees was byvoorbeeld
om een pampoen te kondenseer in n eetlepel in. Borden het verskeie
waarnemings oor melk neergeskryf. Hy het gese dat sodra n koei gemelk
word dan begin die melk afgaan. Hy het ook gese dat daar n verhouding is
tussen vuilgeid, varsheid en die kwaliteit van melk is. Dit het hy
eerstehands ervaar toe hy in 1851 met n boot oor is na Engeland. Op die
reis het kinders gesterf as gevolg van ou melk.
Ander mense het neiging om melk te kook. Maar wat die probleem was, was
dat hulle dit op n oop vuur buite gekook het. Die melk het omtrent altyd
aangebrand of verkleur of sommer net nie lekker geproe nie. Borden het n
vakuum pan gebruik. Die vakuum pan was in gebruik gewees om
gekondenseerde vrugtesappe te maak. Borden het die melk in die vakuum
pan gesit, stadig verhit, sodat die water geleidelik kon verdamp. Melk
bestaan uit 75% water. Met die verdamping van die water, al wat dan
oorgebly het was die gekondenseerde melk.
In 1855 begin Borden sy gekondenseerde melk van deur tot deur verkoop.
Borden dring ook daarop aan dat die boere wat die melk aan hom verskaf
uiters higienies te werk moet gaan.In 1858 kry hy die erkenning wat hy
seker al lankal voor gewag het. Die Komitee van die Akademie vir
Medisyne verklaar sy melk van die hoogste gehalte.
Met die uitbreek van die siviele oorlog in Amerika is die melk as deel
van die rantsoene vir die soldate gegee. Soos die soldate van die oorlog
af teruggekom het, het hulle aan hulle families van hierdie wonderlike
melk vertel. Sy melk het so gewild geraak dat hy nie die Weermag kon
voorsien van al hulle behoeftes nie. Sy besigheid het van krag tot krag
gegaan.
Wat Borden se storie so uniek maak is dat hy slegs sowat een jaar
skoolgegaan het en dat hy geen opleiding as wetenskaplikke gehad het nie.
Ons moet sekerlik dankie aan die man se vir sy uithou vermoe. As dit nie
vir daardie kwaliteit van hom was nie, sou ons seker nooit ingedampte
melk gehad het nie. Nog n les wat ek hieruit geleer het is dat n mens
nie noodwendig geleerd hoef te wees om suksesvol in die lewe te wees nie.
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
|
Die lollery met Lollie
'n Man neem sy vrolike en lewenslustige steekhaarbrak na die
veearts en sê: ''Daar’s skort iets ernstigs met my jollie Lollie se
spysvertering. Hy doen sy besigheid oral -- op ons vloere, matte, stoep,
patio, grasperk, oprit, noem maar op. Dink u u kan iets vir hom doen?"
''Wel,'' sê die veearts, ''laat ons ’n bietjie kyk.'' En met dié tel hy
die hond op sy tafel en druk hard op die dier se pens. Vreeslike knorre
en gromme is skielik hoorbaar in ou jollie Lollie se ingewande.
''Ek is bevrees ek sal hom moet uitsit,'' sê die veearts, skynbaar
meedoënloos.
''Net omdat hy ’n los maag het?'' vra die geskokte honde-eienaar.
''By die deur uitsit,'' sê die veearts. ''Jou jollie Lollie bollie op my
tafel!''
|
|
|
|
|
Die Resep |
Hierdie resep
kom van Anna Eksteen se uitstekende aflaaibare resepteboek, Vir meer
uithaler Suid Afrikaanse resepte soos die een, kontak Anna soos volg:
Sel: 0822946799
Elke winter spoel ziljoene sardyne op die Natalse kus uit. Ons was
eenkeer daar met sardyne tyd en het vir die volgende paar dae daarna met
elke maaltyd een of ander sardyne dis in ons hotel gehad! Probeer gerus
die een as julle die volgende keer as julle sardyne in die hande kry.
|
|
SARDYNE MET GEELRYS:
500ml rou rys 10ml borrie
sout
1ui, in ringe gesny
5ml fyngedrukte knoffel
10ml fyngerasperde vars gemmer
1 groen soetrissie, in blokkies gesny olie
1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny
250ml bevrore ertjies
1 groot aartappel, geskil & in blokkies gesny
425g (1blik)sardyne in brandrissiesous
Kook die rys saam met die borrie en sout in genoeg water tot sag.
Dreineer en hou eenkant warm. Soteer die ui, knoffel, gemmer en
soetrissie in 'n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie en die
aartappelblokkies by en prut tot die aartappel sag en gaar is. Voeg die
ertjies en die sardyne asook die rissiesous by en prut tot goed warm.
Skep die rys in 'n opdienbord en skep die vismengsel oor. Dien op met 'n
sambal van gekapte tamatie, komkommer, gesnyde groen brandrissie en 'n
bietjie suurlemoensap. |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Danville Kersboom
Verlede Saterdag was ons by Elsabe se plek
om Kersgeskenke toe te draai! Daar was speelgoed van hoek tot kant, maar
teen agtermiddag se kant was meeste van die gesgenke darem toegedraai en
in pakkies gesiy volgens die kinders se wenslyste. Ons het darem ons bes
probeer om ten minste een item op die wenslys vir die betrokke kind te
gee. Hierdie Saterdag is die GROOT dag! Kom ons hoop alles gaan volgens
plan en dat die Danville kinders Saterdagaand versadig en gelukkig gaan
slaap! Gaan kyk hier
hoe ons geskenke toegedraai het
(Kersboom en kinders se
wenslys) (Die
Danville Hulpgroep) (Kersboom) |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
Peter-jasie |
|
|