| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 1 |
'n Passie vir
Afrikaans |
3
Oktober 2003 |
|
Welkom by die eerste uitgawe van my Afrikaanse nuusbrief.
Dit is
vernoem na die eerste Afrikaanse koerant (die Patriot gedeelte, as ek my
Standerd 6 taalgeskiedenis reg onthou!) Die oorspronklike Patriot se
leuse was "klyn begin, aanhou win" Ek wou myne eers "klyn maar
getryn" maak, maar het toe daarteen besluit!
Die kommentaar wat ek al ontvang
het oor my Afrikaanse
webwerf is bemoedigend, nou toets ek die water met 'n nuusbrief.
Die nuusbrief sal net in Afrikaans verskyn, skryf- sowel as praat
Afrikaans of "kortpad Afrikaans" (my eie definisie). 'n Voorbeeld van
wat ek kortpad Afrikaans noem is die humoristiese stukkie hieronder
getiteld Hasie. So, die nuusbrief sal humor asook 'n tradisionele
resep bevat. Ek versamel tradisionele Suid Afrikaanse resepte en
sal in die argiewe gaan grawe vir regte "uit ouma se kombuis" tipe
resepte. Kyk maar self verder wat hier is en laat my weet wat julle
dink!
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Die volgende is aan
my gestuur deur Petra doer onder (my vertaling van down under!) Dit is
nou wat ek praat- of kortpad Afrikaans noem. Vir my is dit aanvaarbaar
en nogal oulik, die puriste sal seker protesteer! . Ek vind dit so
bekrywend, ek kan vir hasie "deurie" gras sien aankom:-) |
|
| |
|
|
Hasie (soos nog nooi tevore!) |
| |
|
Da' bo innie Bosveld
stap hasie eendag so deurie gras en kom oppe borrel Witblits (Mampoer)
af wat innie son gele het. Hy vat toe so 'n paar slukke, ma' die
witblits skop hom so lat hy net daar uit-pass.
Jakkals kom verby, sien vir hasie ennie bottel, dog toe hy sal ook so
sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm witblits kap hom ook om.
So lê die twee nou daar toe Hayena verby kom, kon sy geluk nie glo nie,
maar maak dieselfde fout en drink ook eers anie bottel, selle storie,
val net daar neer, uit-gepaas.
Leeu kom op die storie af. Besluit hy eet nie aan jakkalse en hayena's
nie en die haas is te klein om eers oor te worry. Vat toe maar so paar
groot slukke aan die borrel witblits en daar slaan hy ok neer.
Met die begin hasie roer, sit regop mette moerske kopseer. Maar hy skud
sy kop, trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy nou hoe lê
leeu, jakkals en hayena bewusteloos en se : "F@k , maar ek raak darem
aggresief as ek gedrink het!!" |
| |
|
Die Resep |
|
Julle kan sien die
volgende resep is taamlik oud volgens die naam! Ek beter dit vinnig
inglip voordat dit nie meer aanvaarbaar is nie. |
|
| |
|
|
Kafferkoringbier |
| |
|
6 bottels louwater
3 eetlepels uitloop
3 koppies bruinsuiker
1 teeleper gemmer
3 eetlepels goedgeryste suurdeeg
Meng alles goed en
laat vir 12 uur staan. Gooi deur skoon doek of sif.
Ja-nee, in die ou
dae was hulle kort en kragtig! |
| |
|
|
|
Brokkies |
Boeremusiek
Daar's 'n groot Boeremusiek dag op die 11de Oktober by die Roihuiskraal
Feesterrein. Top gehalte musiek van vroeg tot laat! Sien julle
daar! Kontak kalie de Jager op
Kalie de Jager op 0721464451
vir meer inligting. |
|
|
|
Oond
Bouwerk aan my buite oond sal seker eersdaags begin. Ek het die deur
laat maak en hy is glo al klaar, sodra ek hom het begin ek stene en
sement aanry en sal die bouwerk begin. Ek maak solank al brood en
beskuit resepte bymekaar! Sal julle op hoogte hou |
|
|
|
Die FunkyMunky/Peter-jasie
groep van webwerwe
My Engelse webwerf heet
FunkyMunky en het 'n omvattende versameling Tradisionele
Afrikaanse
resepte. Daar is ook van ons vakansie
bestemmings asook 'n
foto album. Peter-jasie
is my Afrikaanse webwerf,
gaan kyk maar self na al die lekker leesgoed. |
|
|
|
|
....en dit was dan
nommer 1! Nou sal ek graag
terugvoer wil hê. Ek is oop vir enige voorstelle, laat waai maar! |
|
| |
|
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
Peter-jasie |
|