|
|
|
Ek het sommige van die rate in die oorspronklike Hoog-Hollandse teks gelaat, hulle klink beter as dit nie vertaal is nie. |
||
| Stuur asb enige boererate met kruie as bestanddeel hierheen! Dankie. | ||
| Ambei Kattekruie op brandewyn getrek en saans 'n sopi drink is hylsaam goed fer inwendige ambei, feral as dit di maag kwel, haarlemmeroli is ook goed fer di lewer. (Don't know what kattekruie is, but probably catnip (Zuri) Vir Asma simptome: Varsgekapte peppermint kruie, gemeng met rosemary... Maak dit in 'n bondeltjie gaaslap en sit dit n jou badwater! Loop EERS die warm water in, hou die deur toe, en dan koue water. "n heerlike "sauna effek" trek daai borsie sommer gou gou oop. Beroerte Vir bloedklonte: 'n KLEIN bietjie cinnamon in warm water elke dag werk wonders. Cinnamon is soos die natuur se disprin. Dit verdun die bloed. Vir hoë bloeddruk: Die asyn sous van gebottelde beet werk wonders! So lepel elke dag Vir Lae bloeddruk: Die wortels van licorice plant getrek vir 'n half uur in warm water.... AAAAAAKLIG maar dit is baie baie baie goed vir lae bloeddruk en suiker. Twee koppies 'n dag! Bors wat toetrek - Neem kamfer en sit dit tussen die skouers Brand - Smeer die sap van aalwynblare aan, sal voorkom dat blase vorm (Gail - Montana) Vir Depressie: St Johns Wart
(die wortels) in a tee getrek... Hoofpyn - Trek roosmaryn soos 'n sterk tee en versoet met heuning. Jig (gout) - Sit koolblare op, vervang twee keer per dag vir omtrent 5 dae. (Laya Labi - Israel) Vir 'n bedaar (kalmeer) middel: Trek 'n paar takkies kattekruie met warm water en 'n tiksel heuning! Kattekruie (catnip) is van die mint familie, Dit is ook 'n "mild anti depressant" en "very gentle sedative" Klem in de kaken - Timie met broodkruimels en azijnpappen gemaakt en op de kaken gezet Kneusing - Sit boegoe-of bloekomasynlappe op kneusplakke Knoffelasem - Voeg by 'n kwart glasie melk 'n halwe teelepel vanielje essens, verhit so effens in die mikrogolfoond en drink dit. Maag (Swakke) Maagseer wat bloei. Muskiete - Gooi 'n paar bloekomblare in die braaivleisvuur Nier en Blaas ontsteking Vir Oorpyn/ ooronsteking: Neem een groot ui, warm dit op in die
mikrogolf oond, draai dit toe in 'n kombuislappie en hou dit vir 'n half uur
so naby aan jou oor as moontlik. Maak seker as jy gaan slaap om 'n lappie
oor jou kussing te gooi, want as daar opgeboude was in jou oor is sal dit
uitloop! Pyn ( spier, rug, inflammasie) - Sit koolblare op die plek, vervang twee keer daagliks. (Laya Labi - Israel) Rumatiek - Eet daagliks rou seldery. Papgedrukte knoffel met heuning gemeng en aangesmeer.
Slaaploosheid - Eet uie, rou of gaar (nie vir getroudes) Vir Slaaploosheid: Sit 'n takkie lavender (lafentel?) onder jou kussing of maak 'n koppie warm camomile tee net voor bed tyd of Heuning en warm melk. Vir ERG Sondbrand: Maak 'n gaaslappie met thyme, roosmaryn en Sage? en sit dit in jou badwater. Sweetvoete - Gooi wildeals in skoene Swak hart - 2 eetlepels vol, gedroogte, fyngestampte wynruit op een bottel heuning. Neem een desertlepel vol op die nugter maag. Vlooie (hond) - 'n Paar takke kakiebos tussen die hond se komberse sal van vlooie ontslae raak. Knoffel in die hond se kos help om van vlooie ontslae te raak. |
||