|
In my kinderdae was ek nogal bewus van
boererate, selfs op Springbok Radio het Danie Smuts luiseraars gevra om
boererate in te stuur. As mens vandag boererate noem dan word jy soortvan
skuuns aangekyk...."Boere-WAT??".
Ek wil graag soveel moontlik van die ou boererate
vir die nageslagte behou en sal dit waardeer indien julle vir my enige van
die ou boererate sal stuur. Vra maar vir die wat gevorder is in jare, of as
jy self gevorder is, krap maar in daardie ou notaboekies en
stuur
maar vir
my aan.
|
My
Boererate eBoek is uiteindelik voltooi! Dit is in Acrobat formaat en kan
per ePos gestuur word of afgelaai word. Dit bevat om en by 2000 rate en
is beskikbaar teen net R60 per eksemplaar. Sommige van die rate is baie
komies en die boek maak vir interessante leesstof!
Vir
betalingsbesonderhede,
klik hier
Die boek maak 'n ideale geskenk, jy kan dit per ePos enige plek in die
wêreld stuur!
|
|
NUUT!! CD NOU BESKIKBAAR
Nou is die
Boererate saam met Boeremusiek uit vergange se dae ook op een CD
beskikbaar. Maak die ideale geskenk! Vir meer besonderhede, klik
HIER! |
|
Kommentaar
Het so vinnig geloer maar ek het werklikwaar nie besef dit gaan so 'n
groot versameling van rate wees nie! Dit lyk egter geweldig interessant
en ek glo iets wat elke huis moet hê - dit is immers deel van ons
geskiedenis en soos jy tereg sê, deel van ons erfenis!!- Suzette
Hey baie, baie nice en
snaaks party plekke! Regtig cool ek sal teminste tussen R120 -R150
daarvoor vra!!!!! Jy sien dit is meer net 'n novelty - koffie tafel boek,
mooi boek ok!! Dankie vir my copy! - Ria
Ek moet sê die boek is
pragtig en baie mooi uiteengesit. Dit is puik, ek hou baie
daarvan, het jou seker lank gevat om te doen! - Welma
Baie dankie vir die boek
- BAIE BAIE interessant! - Leona
Ek het glad nie na die
hele boek gekyk nie, net sulke random hits, maar hier op die rekenaar is dit
vir my mooi sag op die oog en die uitleg en lettertipe is vir my mooi.
Ek dink nie sestig rand is te veel nie, ek sal dit maklik betaal. -Jenine
Ek is MAL oor jou
boek!! Baie dankie daarvoor - Nadia Roos |
!! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
En voor julle wonder, ek het
die rate NIE self probeer nie, ek versamel hulle net!
Hieronder is net 'n paar rate en
wenke, my eBoek bevat om en by 2000 rate! |
|