|
| Al
gehoor van Griekwa-Afrikaans? Die ander dag loop ek die juweeltjie, Die
Griekwapsalms, in my plaaslike boekwinkel raak. Die
skrywer is Prof Hans du Plessis van PUK en die inhoud is sy
veronderstelling van hoe 'n Afrikaanssprekende Griekwa sou
praat. My dank aan Prof Hans vir toestemming om van die inhoud hier
te gebruik. Die boekie Die Griekwapsalms is 'n
uittreksel uit die bundel Innie skylte vannie Jirre uitgegee
deur Lapa Uitgewers, Posbus 123, Pretoria, 0001. Hier
volg
is 'n uittreksel:
Psalm 23
Die Jirre is my skawagter wat
my nou
innie dradewerke wan sy proewe hou.
Hy sal my nooit verloor lat lê nie
en sal ek ok niks oor my hê nie
en al wei ek wyd warie wind begin:
Hy lei my na waterse tissenie deine in;
Hy sit my siel in my lyf in trig;
Hy breekslat slang se hoepelrig!
U melk my beker vol wa ek loop lê:
in my land wa ek meneer moet sê,
maak u opslagstrale van my tegeparty,
ma ek en U, ons sal onder die doringse bly
|
|
Die Boesman
se Onse Vader
geskryf deur P.J. van den Heever:
“Onse Vader wat doer êrns vêr bo in die bloulug is, diese warm dag wil
ikke op myse kniege tot U kom bid: Lat U se koningskap tog by ons kom,
en lat U se grootheid hier tissen ons staan gemaak kan worre, en lat U
se wil gebeure doer bo by U rond, net so gebeure hier by ons
Boesm’land se grond. Gee ons vandag onse tjai-impie kos en vergewe ons,
onse sondige gemors, sos ons die ander minse sin vergeef. Here lat die
kwaad doen goerterse wye draaie om ons loop en gee tog samblief Here
lat die duwel nie naby kom nie. Die minse doen sulke lelike goerters
teen my, maar help tog samblief dat ik dit nie sal raak sien nie, dan
sal U mos ok nie myne raak sien nie.
U is vir altyd en vir altyd. Amene my groot Kroon.” |
|
|
|
|
Peter-jasie se
Strokiesprent! |
| Nou ja, ek het
onlangs met vroeë kierieverlof (aftrede) gegaan en besluit om 'n
strokiesprent te maak van my wedervaringe. Ek hoop dit vind aanklank
by mede kierieverloffers! Klik op die strokiesprent om 'n vergrote
weergawe te sien! |
|
 |
|
|
|
Die volgende is goedgunstiglik aan my gestuur deur Rietie Werth
GOEIE WENSE
Mag jou gesondheid bevestig word deur jou tandarts, jou gastro-endokrinoloog, jou uroloog, jou psigiater, jou ginekoloog, jou oogkundige en jou proktoloog; en mag die fisioterapeut, die chiropraktisyn, die sielkundige en die verslankingskliniek sê jy hoef nie weer te gaan nie.
Mag jou dokter weet waar om te begin en jou masseuse waar om op te hou.
Mag jou inkomste, jou behuisingsubsidie, jou huis se waarde en jou aandele styg; en mag jou bloeddruk, gewig, huislening, erfbelasting en cholesterol daal.
Mag ou vriende jou onthou en die belastinggaarder van jou vergeet. Mag skakers, motordiewe en verkragters jou miskyk en die bevorderingskomitee en jou wederhelf jou raaksien.
Mag jou heining te hoog wees vir jou buurt se inbrekers, maar laag genoeg vir jou as jy jou heksleutel vergeet het.
Mag jou werkgewer dink jy is 'n swart vrou en mag die bure se hond dink jy is 'n witman.
Mag jou baas of jou sekretaresse of jou assistente of jou kollega nie vir jou sê dat hulle jou liefhet nie, en mag jou wederhelf en jou kinders en jou familie dit wel doen.
Mag jy 'n eerlike regering kry en 'n oneerlike skoonheidsdeskundige. Mag jy 'n intelligente staatspresident kry en 'n dom TV-lisensie-opspoorder.
En alles van die beste vandag en altyd.
|
|
|
Die Sprinkaan en die Mier
Die sprinkaan en die mier het in dieselfde veld gewoon. Gedurende die somer het die mier dag en nag gewerk om
voorraad vir die winter op te gaar en om sy huis voor te berei om hom warm te hou gedurende die koue
winter maande. Intussen sing en spring die sprinkaan, eet al die gras
wat hy nodig het en teel aan.
Gedurend die winter maande word dit baie koud en die gras gaan dood. Die mier is wel gevoed en warm in sy huis, terwyl die sprinkaan, wat
geen voorbereidings getref het nie, vrek en 'n horde klein sprinkane agterlaat sonder kos of skuiling.
Die moreel van die verhaal is dat mens hard moet werk sodat jy agter jouself kan kyk.
Hier volg die Zimbabwiese weergawe:
Die eerste deel is dieselfde, maar omdat die gebeure in Zimbabwe plaasvind is daar implikasies.
Die sterwende nasate van die sprinkaan dring aan om te weet hoekom die mier toegelaat is om beskut en wel gevoed te wees terwyl, langsaan,
hulle in haglike omstandighede sonder kos en klere moet leef.
'n Televisiespan daag op en beeldsaai 'n program wat die kontras toon
van die mier se leefwyse, met sy gamaklike huis en spens vol kos teenoor die haglike omstandighede van die sprinkane.
Die publiek is verstom! In die pragtige veld, hoe kan dit wees dat die sprinkane moet ly terwyl die miere 'n luukse leefwyse voer?
In 'n oogwink word die ZISU (Zimbabwiese Sprinkane Unie) op die been
gebring. Die mier word aangekla van "species bias" en die stelling word gemaak
dat die sprinkane die slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen
onderdrukking. Hulle protesteer voor die mier se huis en verwoes die
straat. In 'n TV onderhoud dreig hulle dat as daar nie aan hulle eise gehoor gegee gaan word nie, hulle tot 'n lewe van misdaad gedwing sal
word. Net vir die oefening, besteel hulle die televisiespan se toerusting en kaap hulle voertuig.
Die NHK (Neem en Herverdeel Kommissie) regverdig die optrede deur die houding in te neem dat dit die miere se erflating is as gevolg van
hulle diskriminasie teen en onderdrukking van die sprinkane.
Hulle eis dat die miere die sprinkane om verskoning vra vir sy optrede oor die jare
en dat hulle die sprinkane vergoed vir al die ander miere in die geskiedenis wat soortgelyk opgetree het teen sprinkane.
MTSM (Mense Teen Sprinkaan Misbruik) dreig dat hulle 'n heilige oorlog teen die miere gaan begin. Die President verskyn op die 8 uur nuus en
verklaar dat hy alles sal doen vir die sprinkane wat vooruitgang wat hulle verdien misgun is deur diegene wat onregverdig bevoordeel is
gedurende die somer.
Die Staat bekragtig die EGMG Wet (Ekonomiese Gelykheid vir Minderbevoorregte Groenes) terugwerkend tot die begin van die somer.
Die mier word beboet omdat hy nie 'n proporsionele aantal groen insekte in diens gehad het nie. Omdat hy nie meer geld oor het om sy belasting
te betaal nie, word sy woning gekonfiskeer vir herverdeling onder die
groenes.
Ons verhaal eindig waar ons sien hoe die sprinkaan die laaste van mier se kos verslind terwyl die staatshuis waarin hy woon (die een wat aan
die mier behoort het) om hom inmekaar tuimel omdat hy te lui is om dit te onderhou.
Op televisie (wat hy van 'n mier gesteel het) staan die President voor 'n groep wild dansend en singende sprinkane en kondig 'n nuwe era van
"gelykheid" aan .
Die mier is nie toegelaat om te werk nie omdat hy histories voordeel getrek het uit die veld. In sy plek werk 10 sprinkane net 2 uur per dag en steel helfte van wat hulle oes.
Sodra dit weer winter is en hulle nie genoeg kos het nie, staak hulle en dring aan op 'n 150% verhoging in lone sodat hulle kan kos koop, wat
nou ingevoer moet work omdat hulle nie produktief genoeg was nie.
Die mier vat sy goed en trek na 'n ander veld waar hy 'n hoogs suksesvolle voedselmaatskappy op die been bring. Hy word skatryk deur
kos uit te voer na die veld vanwaar hy kom.
|
|
|
|
Die Gebed van 'n
Vrou |
Vader gee my wysheid om my man te verstaan,
Liefde om hom te vergewe,
Geduld vir sy moods,
maar asseblief nie krag nie,
want dan donner ek hom dood. |
|
'n Klein seuntjie
was bang vir die donker. Een nag stuur sy ma
hom om die besem op die agterstoep te gaan
haal. Hy wou egter nie, want dit was te donker.
Die mamma glimlag en sê: "Jy hoef nie bang te wees
vir die donker nie, " verduidelik sy. "Jesus is daar, en
Hy sal jou beskerm."
Die knaap kyk na sy ma. "Is Ma seker hy is daar buite?"
"Ja, ek is seker. Hy is orals en Hy is altyd daar om jou
te help as jy Hom nodig het."
Die mannetjie oordink dit so 'n rukkie en maak die
agterdeur op 'n skrefie oop. Hy roep toe: "Jesus, as
jy daar is, sal jy asseblief die besem vir my aangee?"
|
|
|